Witness Speaches

unroot, restore and rebuild through the power of Jesus Christ.

Prophetic, Witness Speaches and Testimonies

Bevrydings Testimonie
Maryna de Beer
7 Oktober 2022

My bevrydings pad se aanloop begin met n gesprek tussen my en my hartssussie Tessa waarin ek my erge bedroefde hart teenoor haar uitgestort het rakende my (op daardie stadium) jarelange gebroke verhouding met my jongste dogter Roxanne.

Tessa het n Heilige Gees geinspireerde opmerking gemaak wat in my hart ingespreek het…maar wat ek nie geweet het hoe om self aan te spreek nie. Wat ek wel geweet het was dat my emosionele pyn besig was om my alreeds jarelange baie brose gesondheid erger aan te tas…en dat dit gevoel het asof dit gaan lei na my liggaam wat uiteindelik fisies op 55 finaal gaan ingee.

Haar opmerking was : “daar is n aanval op my en my dogter waarop ons toksiese emosionele reaksie teenoor mekaar soos n elekriese draad tussen ons hardloop en ons weerhou van mekaar bereik of selfs in staat stel om te kan genees van elkeen van ons se pyn”.

 

Ek het hierdie opmerking van Tessa met my ander hartssussie Jolanda bespreek waarop sy voorgestel het dat ek Nicolene kontak vir bevryding.

Bevryding…n konsep waarvan ek deeglik bewus was maar nog nooit self oorweeg het of selfs gedink het van toepassing op my kon wees nie.

My gehoorsaamheid om met bevryding te begin het my lewe radikaal verander…

Die eerste sessie het gepaardgegaan met ongekende woede, droefheid, magteloosheid en selfs emosies van intense haat teenoor die omstandighede wat my gesin teister.

My gedagte was dat ons hierdie emosies sou aanspreek en diensooreenkomstig my sou losmaak daarvan. Min het ek besef hierdie emosies is eintlik maar net simptomaties…die diepgesetelde gevolg van n baie getraumatiseerde en erge mishandelde agtergrond waaruit ek kom.

Nicolene is egter gelei om eers “in utro” met my te begin werk om sodoende die seer wat my gevange gehou het eers aan te spreek alvorens sy bevryding op my sou kon toepas.

Die gevolg van my emosionele pad van genesing was waterskydend tweevoudig…aan die een kant het ek letterlik fisies geweldig siek geword vir weke lank asook selfs bose geestelike aanvalle beleef, terwyl terselfdertyd aan die ander kant het ek n geestelike emosionele pad van genesing begin stap “na waters waar rus is” soos ons lees in Psalm 23.

God se beskerming en teenwoordigheid in my lewe reg van die begin van my vorming “in die moederskoot” is op menige en magiese wyse aan my openbaar tydens ons sessies.

  1. Alvorens ons met bevryding kon begin het n wonderbaarlike wonderwerk gebeur…
    Die Heilige Gees het Nicolene gelei na my wat groot gedoop moes word,
  2. My gehoorsaamheid om ag te slaan daarop het gelei na,
  3. Roxanne en my se uiteindelike versoening!My groot doop was n wonderbaarlike openbaring wat Pieter en Nicolene vir my fasiliteer het met soveel Goddelike liefde waarvaan die herinnering van die oomblik vir altyd by my sal bly.

Die uiteindelike bevrydings sessie was geweldig intens. Ek besef al te goed dat ek dit nie fisies, emosioneel of geestelik sou kon oorleef sou ek nie eers die pad van emosionele genesing en om groot gedoop te word, gestap het nie.

  1. My siel het uiteindelik na 55 jaar rus gevind. Ek is nou bevoorreg om n lewenslange bewustheid van :
  2. n wonderlike geestelike blommeveld waarin ek konstant saam met Jesus wandel,
  3. God se skoot waarop ek klim wanneer situasies opduik wat moeilik en emosioneel konfronterend is, en
  4. Psalm 23 se beeld van n rivier, oewer en wilgerboom van vrede wat permanent in my sieleoog met my is.

Daar is n nuwe en ongekende, dog heilige vrede en kalmte in my gemoed. Ek is deurentyd daarvan bewus…nieteenstaande dinge wat nogsteeds verkeerd gaan, my onstel of geestelike bose aanvalle wat op my geloods word nie. Daar is n hemelse rustige gevoel wat my omvou en is deurlopend met my. Ek is bewus dat ek permanent in die teenwoordigheid van God my Skepper is…en my siel is uiteindelik vry!

Al is Nicolene deeglik bewus van dat sy slegs n instrument in God se Hande is om Sy koninkrykswerk te doen, wil ek haar uit die diepte van my hart en siel bedank dat sy haar Godgegewe talent so gedienstig toewy.

Liefste Nicolene, jou getroue gehoorsaamheid is instrumenteel in die geskenk van die vredevolle siele lewe wat ek nou uiteindelik mag ervaar. Ek is jou ewig, ewig dankbaar daarvoor.

Alle eer aan God ons Vader, Jesus ons Verlosser en die Heilige Gees se vervulling!